
=====================================================================
HOOFARTIKEL-- Jaar met nuwe uitdagings (AV 6:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


HOOFARTIKEL -- Jaar met nuwe uitdagings

DIE Stigting vir Afrikaans se nuwe finansile en werkjaar begin op 1 April. In aansluiting by suksesse van die verlede kry die Stigting 
opnuut kans om na vars uitdagings te kyk.

'n Ontmoeting met adj. pres. Thabo Mbeki   is op koms. 'n Afvaardiging van die Stigting vir Afrikaans beoog om te vertel hoe die Stigting 
sal bydra tot ontwikkeling en groei in Suid-Afrika.

Twee van die onderwerpe wat by die bespreking onder die Adjunkpresident se aandag gebring gaan word, is eerstens die Stigting se beoogde 
nuwe werk oor ekonomiese en sakegeletterdheid in arm gemeenskappe, en tweedens die verdere uitbouing van onderwysersforums wat die Stigting 
in alle provinsies vir Afrikaansonderwysers begin het.

Daarbenewens gee belangrike buitelandse borge hul waardering en finansile steun aan die Stigting se puik werk vir basiese geletterdheid in 
Afrikaans. Deel van di werk is slypskole om mense se skryfvaardighede verder te ontwikkel. Hierin werk die Stigting nou saam met 
sleutelrolspelers soos die provinsiale onderwysdepartemente, uitgewers met 'n belangstelling in gemeenskapsleesstof en 'n verskeidenheid 
nieregeringsorganisasies.

Afrikaans-Ekspo, wat gerig is op horskoolleerlinge oor die land heen, is 'n projek met al hoe meer inskrywings van geesdriftige kinders 
uit alle groeperinge Afrikaansgebruikers. Die Voortrekkerbeweging met hulle belangstelling in jeugleiers is 'n gewaardeerde vennoot in die 
projek, soos ook die georganiseerde onderwys en ouergemeenskappe.

Die Vriende van Afrikaans, as vrywilligers wat hulle op plaaslike grondslag vir Afrikaans beywer, het nuwe planne om hulle rol as suurdeeg 
in die Afrikaanse gemeenskap verder te versterk.

'n Beoogde konferensie in Oktober oor meertaligheid in munisipale owerhede is deur die Stigting genisieer en sal buitelandse en plaaslike 
steun geniet. Dit behoort te lei tot beter taalrelings en veeltalige dienslewering in die land se stede en groot dorpe. Ook Afrikaans sal 
hierby baat vind.

"Afrikaans Vandag", en sy gepaardgaande tuisblad op die Internet, sal in die nuwe begrotingsjaar steeds gereeld 'n beeld gee van die 
Stigting se aktiwiteite, teen die agtergrond van die hele Afrikaanse taallewe en ook ons taalbande met die buiteland.

Die kosbare kring van betrokkenes by die Stigting se werk brei jaarliks snel uit. Hiervoor s ons hartlik dankie aan almal wat met ons as 
'n welwillendheidsorganisasie hande vat. Dr. Karel Prinsloo,   uitvoerende direkteur van die Stigting vir Afrikaans.

Afrikaans praat ook met ruimtekenners

SO teen die einde van verlede jaar is ek versoek om die Universiteit van Stellenbosch te verteenwoordig by die beplande lansering van 
Sunsat, Suid-Afrika -- inderdaad, Afrika -- se eerste satelliet, ontwerp, ontwikkel en gebou deur dosente en studente van US se Fakulteit 
Ingenieurswese.

Die lansering sou plaasvind vanaf die Vandenberg Lugmagbasis in Kaliforni; die Stellenbosse span en 'n groep Suid-Afrikaanse 
belanghebbendes het daar naby in die dorp Lompoc verblyf gehad. Toe ek op vertrek staan om my by hulle aan te sluit, kom dr. Karel Prinsloo 
met 'n verrassingspakkie vir my bagasie.

Hy het verneem dat ek in die verskillende groeteboodskappe wat ek moes bring aan medewerkers en gashere van die US-span, die bydrae van die 
Sunsat-projek tot die ontwikkeling en verfyning van die Afrikaanse wetenskapstaal sou vermeld. Die hele verhaal van Sunsat, wetenskaplik, 
tegnologies, kan immers van begin tot end in Afrikaans vertel word.

Ook Afrikaanse digters volg die wetenskap se verkenning van die ruimte, herinner hy my: minstens sedert D.J. Opperman se satiriese kyk 
daarop in sy   gedig "Ruimtesentrum: Houston", wat in Edms. Bpk van 1970 verskyn het. Waarom nie iets omtrent hierdie Afrikaanse digterlike 
ruimtereise bekend maak nie? Karel het vir Johann Lodewyk Marais die opdrag gegee:   Soek 'n paar sprekende verse uit. En vir my gevra om 
daaruit 'n handjie vol te haal, wat geredelik in Engels vertaal kan word. Daan Kruger   van Brooklyn Kommunikasie Praktisyns (Bpk) het die 
vertalings gedoen.

So het dit gekom dat ek hierdie kosbare klein vrag ook kon inpak: van Eveleen Castelyn   "Hemelse oog" uit Minder as die engele (1990);   
van T.T. Cloete   "Hemelse wandeling" en "Sweef" uit Jukstaposisie (1982);   van Karel Prinsloo   "Lugkaart" uit Tussen grensligte (1990);   
van Pieter Smit   "Ruimteman se gebed" uit Visum vir die vreemde (1977).

Hans-Pieter Bakker,   van US: Bemarking en Kommunikasie, wat die reis meegemaak het, het allerlei plaaslike tegnologie in Lompoc ingespan 
om 'n netjiese klein brosjure te maak met die Afrikaanse tekste teenoor hul Engelse vertalings afgedruk. In die geskenkies wat aan vriende 
en ondersteuners van die US-span oorhandig is, is hierdie blaadjies ingesluit, nadat in 'n praatjie of in gesprekke vir hulle daarvan 
vertel is.

rens, weet ek, lees 'n goedgesinde (en daar was soveel goedgesindes!):
"our father who is with us here
lead us not into emotions
but deliver us from all bonds with earth
for yours is every star kingdom"
(Pieter Smit)   of
"Only the All-seeing Eye
of God can behold
deep in interstellar
space
new life
on the planet
Hereafter"
(Eveleen Castelyn)   of
I lie on my back
at night and against the light's
frenzied radiating journey in millions of years
look back slowly into the primordial past
to where the spiral of the nautilus
and the periwinkle, the peacock's
tail and the hedgehog enfolded in its own circle
were mimicked galactically
T.T. Cloete:   "Celestial walk" Die dorp Lompoc, rustig gele tussen sy blougrys heuwels, uitgestrek langs 'n lang winkelstraat (so het ek 
telkemale ges in die dae dat ons daar was) lyk vir my alteveel na Beaufort-Wes. Nou, agterna, weet ek, met 'n groet aan Gert Vlok Nel:   
dit was dus nodig om ons beautiful woorde daarheen te bring. Naskrif: Sunsat is op 23 Februarie 1999 in sy wentelbaan geplaas. Sy seine 
word opgevang hier op aarde; as alles goed gaan, sal sy hoogs sensitiewe kamera unieke beelde van ons wreld vasl. Daar is in die 
gesofistikeerde en genuanseerde lading wat hy dra, ook 'n elektroniese "Papegaai" aan boord waardeur kort boodskappe van aardlinge opgevang 
en gestoor kan word, om dan terug geggo te word na die senders. Miskien kom daarvan ook nog eendag 'n gedig. Prof. Elize Botha,   
kanselier van die US en voorsitter van die trustees van die SvA.        Hoofartikel: Jaar met nuwe uitdagings Afrikaans praat ook met 
ruimtekenners

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av615.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Maart 1999 /// 'Ek is Afrikaanse Euro-Afrikaan' (AV 6:1) /// Afrikaans, 
jy en die Grondwet (AV 6:1) /// Veeltaligheid gekoester deur jong mense (AV 6:1) /// Geletterdheid (AV 6:1) /// HOOFARTIKEL-- Jaar met nuwe 
uitdagings (AV 6:1) /// Taalervaringe van 'n Duitse immigrant (AV 6:1) /// Afrikaanse posiebron vir Lae Lande (AV 6:1) /// In Verneukpan 
en Boesmanland lf Afrikaans (AV 6:1) /// Onbeskaamd granaatbos /// Toegevoegde teenoor verminderde tweetaligheid (AV 6:1) /// Kortverhaal 
-- Huisdiere (AV 6:1) /// Onderwys-werksessies (AV 6:1) /// Afrikaanse Bybel op die Internet (AV 6:1) /// Jan Schutte: 'n Huldeblyk (AV 
6:1) /// 'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding' (AV 6:1) /// Ligter taalmomente oor die grensdraad /// Nuwe era vir Afrikaanse boek (AV 
6:1) /// Op spoor van Maleise invloed (AV 6:1) /// Millennium-blues (AV 6:1) /// Afrikaans kuier oor die drumpel (AV 6:1) /// Hy 
verpersoonlik eerlikheid (AV 6:1) /// Ons lesers skryf (AV 6:1) /// Koningin stap voor in die ry (AV 6:1) /// Di koor gee jou hoop (AV 
6:1) /// Met 'n uitsig op 'n park (AV 6:1) ///

